XWord

XWord is Suid-Afrika se toonaangewende verskaffer en versorger van 'n wye verskeidenheid woord- en nommerspeletjies wat in plaaslike koerante, tydskrifte en ander publikasies gepubliseer word. 

Ons beskik oor 'n onuitputlike voorraad blokraaisels, blokkiesraaisels, woordspeletjies, Sudoku's, Kakuro's en vrae vir vasvrawedstryde, en wanneer nodig, skep ons raaisels wat volgens bestelling of spesifieke behoeftes saamgestel word - alles in Afrikaans én Engels. 

XWord bied nou ook 'n wye verskeidenheid bekostigbare blok(kies)- raaisels en Sudoku's vir individuele gebruikers. Kliek op Winkel om uit te vind hoe om jou bestelling te plaas.

Die moontlikhede wat XWord se produkte bied, is beslis nie beperk tot tydskrifte en koerante nie, ons maakpas-produkte word saamgestel om aan elke kliënt en/of besigheid se unieke behoeftes te voldoen. Soos die man wat sy meisie om haar hand vra in 'n spesiaal-opgestelde blokraai, en dan 'n ander unieke blokkiesraaisel waarmee die bruilofgaste besig gehou word terwyl die fotograaf hom en sy bruid annekseer.

Of die kreatiewe gasvrou wat haar spyskaart in 'n blokkiesraaisel versteek en, terwyl sy die laaste afrondings in die kombuis aanbring, vul die gaste die raaisel in. Of wat van raaisels op jou restaurant se papier-plekmatjies  - 'n oulike manier om honger klante besig te hou.

XWord verskaf unieke raaisels vir enige geleentheid - van 'n enkele blokkiesraaisel tot boeke propvol prikkelende uitdagings. Ons stel ook promosionele raaisels saam om jou nuwe produk se bekendstelling opwindend en onvergeetlik te maak.

Of jy nou jou algemene kennis wil toets of 'n speletjie saam met vriende en familie wil speel, of sommer net wil ontspan en jouself geniet, XWord het net die blokraaisel of speletjie om jou vir ure te amuseer, maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind nie.

Blokaspaai iPad 'App' vir XWord blokraaisels

Verkies jy om ons blokraaie op jou iPad in te vul? Probeer bietjie die blokaspaai applikasie! Kliek hier… 

Copyright / Kopiereg © XWord 2012