Raaisels vir publikasie

XWord se raaisels verskyn in meeste Suid-Afrikaanse koerante, tydskrifte en klante-publikasies. Ons raaisels word ook gebruik vir promosies, kompetisies, spesiale geleenthede, advertensies en selfs op plekmatjies in restaurante. Maak nie saak wat jou besigheid se behoeftes is nie, XWord se maak-pas raaisels word opgestel om aan jóú vereistes te voldoen.

XWord-raaisels word eksklusief vir elke kliént opgestel en jou publikasie sal dan ook die eerste een wees waarin die raaisel verskyn. Verder roem ons onsself op stiptelikheid met sperdatums. Inteendeel, ons lewer raaisels vóór die afsnydatum sodat jy navrae en/of veranderings betyds aan ons kan kommunikeer.

Ons raaisels is in Afrikaans en Engels beskikbaar, as 'n Word-dokument met bygaande prente in JPG, TIFF, BMP, GIF, PDF of PNG formaat.

Maak nie saak hoe groot of klein jou besigheid is nie, XWord kan jou voorsien met oorgenoeg raaisels om jou kliénte en besoekers vir ure besig te hou. Kliek hier om te sien watter soorte raaisels ons aanbied.

Hier is 'n aantal kliënte vir wie ons oor die jare raaisels opgestel het:


                




                 



       
           




                  




                




           




               




                         




           




            




       




    


Blokaspaai iPad 'App' vir XWord blokraaisels

Verkies jy om ons blokraaie op jou iPad in te vul? Probeer bietjie die blokaspaai applikasie! Kliek hier… 

Copyright / Kopiereg © XWord 2012