![]() ![]() ![]() RSG Blokraaitoernooi Pryse 2017
Buiten vir die eer om gekroon te word as Suid-Afrika se 2017 RSG Blokraaikampioen, is daar ook talle pryse op die spel. Hier is 'n lys van pryse wat die wenner en naaswenners sal ontvang: 1) Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns borg drie nuwe AWS'e. Die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls word 3 Augustus in die Kaap bekendgestel. Die wenner en twee naaswenners sal elkeen 'n geskenkbewys ontvang hiervoor. Die elfde uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) word op 3 Augustus 2017 bekendgestel – 100 jaar nadat Afrikaans vir die eerste keer amptelik met dié standaardnaslaanbron vir spelling en skryfwyse bereël is. ![]()
2) Pharos Woordeboeke (’n druknaam van NB-Uitgewers) borg DRIE ELK van die volgende boeke: Die Groter en Beter Moeg-gesoek Blokraaigids: https://www.youtube.com/watch?v=69cFVuwt30M 3) LAPA-uitgewers gee vir al 3 finaliste die jongste reeks Blaaskans-Blokraaiboeke EN die LAPA Speletjiesboek. 4) Die Woordeboek van die Afrikaanse taal skenk die volgende vir die RSG Blokraaitoernooi: Vir die wenner: ‘n CD van Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en ‘n CD van die Etimologiewoordboek van
Afrikaans, Eerste naaswenner: ‘n CD van Die Woordeboek van die
Afrikaanse Taal Tweede naaswenner: ‘n CD van die Etimologiewoordboek van
Afrikaans Gaan kuier gerus by www.wat.co.za en borg jou gunstelingwoord! 5) CTexT en VivA (Noordwes Universiteit): CTexT borg 6 lisensies van die volledige SkryfGoed-pakket, 'n versameling elektroniese hulpmiddels vir beter skryfwerk. VivA borg vir die wenner 'n jaar se VivA+-lidmaatskap (ter waarde van R700). Dit sluit o.a. toegang tot die WAT, HAT en EWA in. 6) RSG Geskenkpak met 'n verskeidenheid heerlike verrassings. |
|
|
|
Blokaspaai iPad 'App' vir XWord blokraaisels
![]()
Verkies jy om ons blokraaie op jou iPad in te vul? Probeer bietjie die blokaspaai applikasie! Kliek hier…
|
|
Copyright / Kopiereg © XWord 2012 |