Publieke Dienste

Die toenemende gebruik van die internet in Suid-Afrika en reg rondom die wêreld maak dit moontlik vir XWord om jou ekslusiewe raaisels te verskaf wat spesifiek is vir jou voorkeure. Of dit net ‘n enkele blokraaisel is vir ‘n uur of twee se uitdaging of ‘n hele verskeidenheid van raaisels om jou te vermaak, die keuse is joune.

Laai XWord se raaisels op jou selfoon of tablette om hulle orals te neem waar jy gaan, of sit dit op jou rekenaar en druk dit later uit. Ons verskaf jou raaisel, in Afrikaans en/of Engels, as ‘n Word document met die bygaande prent in JPG, TIFF, BMP, GIF, PDF of PNG formaat. Dit is maklik om af te laai, stoor en druk soos wat jy dit benodig.

Wil jy dalk eers kyk voor jy koop? XWord se aanlyn katalogus is beskikbaar vir jou om deur te gaan op jou eie spoed. Kyk watter raaisels prikkel jou interessantheid en laat ons dan weet. Ons is maklik bereikbaar via foon of internet en ons staan gereed om jou te help met jou keuse van raaisels.

Copyright © XWord 2012