Keuselys/Menu


Pryse: RSG Blokraaitoernooi 2017

Buiten vir die eer om gekroon te word as Suid-Afrika se 2017 RSG Blokraaikampioen, is daar ook talle pryse op die spel. Hier is 'n lys van pryse wat die wenner en naaswenners sal ontvang:

1)    1) Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns borg drie nuwe AWS'e. Die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls word 3 Augustus in die Kaap bekendgestel. Die wenner en twee naaswenners sal elkeen 'n geskenkbewys ontvang hiervoor. Die elfde uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) word op 3 Augustus 2017 bekendgestel – 100 jaar nadat Afrikaans vir die eerste keer amptelik met dié standaardnaslaanbron vir spelling en skryfwyse bereël is. 

2) Pharos Woordeboeke (’n druknaam van NB-Uitgewers) borg DRIE ELK van die volgende boeke:

Tesourus van Afrikaans

Die Groter en Beter Moeg-gesoek Blokraaigidshttps://www.youtube.com/watch?v=69cFVuwt30M  

 

3) LAPA-uitgewers gee vir al 3 finaliste die jongste reeks Blaaskans-Blokraaiboeke EN die LAPA Speletjiesboek.

 

4) Die Woordeboek van die Afrikaanse taal skenk die volgende vir die RSG Blokraaitoernooi:

Vir die wenner: ‘n CD van Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en ‘n CD van die Etimologiewoordboek van Afrikaans,

Eerste naaswenner:  ‘n CD van Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Tweede naaswenner: ‘n CD van die Etimologiewoordboek van Afrikaans 

Gaan kuier gerus by www.wat.co.za en borg jou gunstelingwoord!

 

5) CTexT en VivA  (Noordwes Universiteit):   

CTexT borg 6 lisensies van die volledige SkryfGoed-pakket, 'n versameling elektroniese hulpmiddels vir beter skryfwerk.

VivA borg vir die wenner 'n jaar se VivA+-lidmaatskap (ter waarde van R700). Dit sluit o.a. toegang tot die WAT, HAT en EWA in.

 

6) RSG Geskenkpak met 'n verskeidenheid heerlike verrassings.

Blokaspaai iPad 'App' vir XWord blokraaisels
Verkies jy om ons blokraaie op jou iPad in te vul? Probeer bietjie die blokaspaai applikasie! Kliek hier… 

Copyright / Kopiereg © XWord 2012